GEBORE
14 Sep 1889
OORLEDE
2 Feb. 1950
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1913
ORDEN
1914
standplase
18 Apr. 1914 Rietbron
20 Mrt. 1920 Steynsrust
15 Mrt. 1930 Laingsburg
27 Feb. 1943 Fauresmith
Ds. Johannes Rudolph Alheit is gebore op 14 September 1889. In 1913 is hy gelegitimeer en in 1914 georden en as leraar van Rietbron bevestig. Nadat hy ongeveer sewe jaar aldaar werksaam was, is hy in 1920 te Steynsrust bevestig. Na ‘n vrugbare bediening van tien jaar in Steynsrust is hy in 1930 na Laingsburg waar hy dertien jaar lank met groot ywer en besieling die heilsboodskappe verkondig het. In 1943 het hy ‘n beroep na Fauresmith aanvaar en na sewe jaar getroue diens aldaar het hy ‘n beroep na Pondoland hom laat welgeval. Maar voordat hy as leraar van die jong gemeente bevestig kon word, is hy tot hoër diens opgeroep. – (Jaarboek 1951).