Albertyn, Willem Hendrik

 

gebore

14 Nov. 1866

OORLEDE

21 Jul. 1948

UNIVERSITEIT

 –

gelegitimeer

1919

ORDEN

1924

standplase

1924 Colesberg

EMERITEER

1936

Eerw. William Hendrik Albertyn is op 14 November 1866 te Caledon gebore, waar sy vader predikant was. In 1905 het hy op versoek van Ds. G. A. Scholtz na Colesberg gegaan om die plaaslike sendingwerk te behartig. Dit het hy eers gedoen as oefenaar maar later is hy as sendeling toegelaat en aan die begin van 1924 is hy as leraar van die sendinggemeente georden en bevestig. Toegewyde ywer in belang van sy werk was ‘n uitstaande kenmerk van sy lewe. Almal het vir hom groot eerbied gehad want christelike waardigheid en hoflikheid was sterk karaktertrekke in sy persoonlikheid. Daarby het nog gekom sy innige vroomheid en godsvrug. In 1936 moes hy weens swak gesondheid sy emeritaat aanvaar, nadat hy te Colesberg vir dertig jaar met toewyding werksaam was in die diens van sy Meester. Hy is op 21 Julie 1948 oorlede. – (Jaarboek 1949)