Albertyn, Pieter Kuipers * 1814

Ds PK Albertyn

gebore

6 Des 1814

OORLEDE

11 Apr. 1878

UNIVERSITEIT

 –

gelegitimeer

1840

ORDEN

1841

standplase

1841 Paarl en Clanwilliam (tydelik)

1845 Prins Albert

1851 Caledon

EMERITEER

11 April 1878

Ds. Pieter Kuiper Albertijn. Gebore 6 Des. 1814 te Stellenbosch en aan die Utrecht Hogerschool opgelei. Nadat hy terugkeer na Suid-Afrika, arbei hy eers tydelik in die Paarl (1841 – 1844) en te Clanwilliam. Sy eerste vaste standplaas was Prins Albert (1845 – 1850); Hy was leraar te Caledon vanaf 1851 tot 1870, toe hy weens ʼn keelkwaal geëmeriteer het. Oorlede op 11 April 1878. Hy was ʼn welsprekende kanselredenaar. “Onder zij prediking bekwam men de indruk verborgen in God, en dat de Heilige Geest de bron was van hare zalving.” (Eeuwfeest-Album van de Nederduits Gereformeerde Kerk in Zuid-Afrika). – Jaarboek 1879