Albertyn, Hendrik Adam

GEBOORTEDATUM

19 Des. 1902

UNIVERSITEIT

US

LEGETIMEER

1931

ORDEN

1932

WERKKRING

18 Jun. 1932 Caledon (Hpr.)

9 Mei 1936 Loeriesfontein

26 Feb. 1944 Herbertsdale

10 Apr. 1948 Touwsrivier

17 Mrt. 1956 Woodstock

EMERITUS

OORLEDE

6 Des. 1973

Ds. Hendrik Adam Albertyn is 6 Desember 1973, dertien dae voor sy 70ste verjaardag en feitlik op die vooraand van sy voorgenome aftrede, onverwags na ‘n hartaanval oorlede. Hy was ‘n seun van Porterville en sy opleiding op Stellenbosch word hy einde 1931 gelegitimeer. Vanaf ongeveer middel 1932 bedien hy Caledon as hulpprediker en daarna staan hy in Loeriesfontein (1936); Herbertsdale (1944); Touwsrivier (1948) en Woodstock (1956); Oral het hy met die grootste getrouheid en met ryke vrug gearbei. Hy was ‘n ywerige Bybelstudent en ernstige prediker, ‘n ware gebedsman en toegewyde herder. Met sy besondere belangstelling in evangelisasiewerk lewer hy as lid en ook voorsitter van die Sinodale Kommissie vir Evangelisasie van die Kaapse Kerk jare lank ‘n groot bydrae. (Jaarboek 1975/F3)