
GEBORE
15 Aug. 1851
OORLEDE
26 Feb. 1935
universiteit
Stellenbosch
GELEGITIMEER
1883
GEORDEN
1985
STANDPLASE
17 Jan. 1885 Prieska
23 Okt. 1893 Demissie
1896-1897 Calvinia (Hpr.)
1899 Umtata (Hpr. Ugie)
24 Apr. 1903 Ugie
EMERITEER
19 Aug. 1905
Ds. August Ahrbeck is op 15 Augustus 1851 in Kaapstad gebore en het sy eerste skool-onderwys in die ou “Tot Nut van Algemeen” ontvang. Na voltooiing van sy teologiese studies op Stellenbosch is hy in 1883 gelegitimeer en op 17 Januarie 1885 as eerste vaste leraar van die gemeente Prieska georden en bevestig. Hier het hy gearbei tot 1893, toe hy eervolle ontslag aangevra en ontvang het. Sy volgende standplaas was Ugie (1903 – 1905); In laasgenoemde jaar is hy weens sieklike omstandighede emeritus geword en op Somerset-Wes gaan woon. Hy het daarna nog dertig jaar gespaar gebly, nieteenstaande ʼn ernstige treinongeluk wat hom in 1910 getref en van een been beroof het omrede hy weens doofheid die naderende lokomotief nie gehoor het nie. Hy het sy lyding met blymoedigheid gedra en daar was ʼn gedurige loflied op sy lippe. Op 26 Februarie 1935 is hy sy ewige rus ingegaan. – Jaarboek 1936