Ackermann, Willem Daniel

GEBORE

12 Mrt. 1917

OORLEDE

24 Apr. 1994

UNIVERSITEIT

Universiteit van Stellenbosch

gelegitimeer

1944

ORDEN

1945

standplase

7 Apr. 1945 Dannhauser

2 Mei 1947 Greyton

7 Des 1957 Lambertsbaai

1963 Tygerberg

1968 Grootrivier

1972 Stanford

EMERITEER

19 Sept. 1976

Ds. Ackerman is op Stellenbosch gebore en het daar grootgeword. As klein seuntjie het hy, deur die lees van die kinderbybel, reeds sy lewe aan die Here gewy.

Na sy skoolloopbaan het hy onderwys studeer en daarna na die Teologiese Kweekskool gegaan. Na ‘n 9-jarige studie is hy in 1944 gelegitimeer en op 7 April 1945 is hy in die NG gemeente Dannhauser bevestig. Op 2 Mei 1946 word hy op Greyton bevestig en help daar om ‘n kerk te bou.

Sy latere gemeentes was Lambertsbaai (1957); Tygerberg (1963); Grootrivier (1968) en Stanford, waar hy op 19 September 1976 geëmeriteer het.

Hy was getroud met ‘n nooi Coetzee en hulle het drie dogters. Op 77-jarige ouderdom het hy ‘n hartaanval gekry en is ses weke later in die hospitaal oorlede.

Hy was ‘n liefdevolle en nederige man en het baie vriende gehad. Hy het ook tydelik onder die Jode bearbei en tot met sy dood Xhosa-Bybels help versprei. Hy was ook baie lief vir jag en visvang. – Jaarboek 1995