Ackermann, Daniel Petrus * 1885

GEBORE

4 Jan. 1885

OORLEDE

2 Feb. 1954

UNIVERSITEIT

Universiteit van Stellenbosch

gelegitimeer

1913

ORDEN

1914

standplase

28 Mrt. 1914 Morgenzon

26 Nov. 1927 Bethlehem

EMERITEER

25 Feb. 1950

Ds. Daniel Petrus Ackerman is in 1913 gelegitimeer en die volgende jaar as leraar van Morgenzon bevestig. Na dertien jaar van vrugbare arbeid is hy in 1927 na Bethlehem waar hy die gemeente bedien het tot 1950 toe hy sy emeritaat aanvaar het. Hy was ‘n besielende prediker, helder van insig en vasberade in sy optrede. Hy het leidende rol in die kerklike lewe gespeel en o.a. as actuarius van die Vrystaatse Sinode gedien. Ook het hy gedien in die Raad van die Kerke, Kerkbode-kommissie, die kieskolleges van die Stellenbosch se Kweekskool, asook in die teologiese fakulteit van Pretoria en die Federale Armesorgraad. Hy is na bedrywige en vrugbare lewe op 2 Februarie 1954 oorlede.