GEBORE
21 Jan. 1880
OORLEDE
13 Mrt. 1958
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1912
ORDEN
1913
standplase
Pretoria (Hpr.)
1914 Machadodorp
1924 Durban
EMERITEER
1944
Ds. Gert Cornelius van Rooyen is op 21 Januarie 1880 in die distrik Clocolan gebore. Op jeugdige leeftyd het hy aan die Tweede Vryheidsoorlog deelgeneem. Hy is in 1912 gelegitimeer en was eers in Pretoria behulpsaam; daarna het hy die beroep na Machadodorp aangeneem. In 1924 is hy na Durban waar hy twintig jaar lank gearbei het, tot sy aftrede in 1944. Hy het die Natalse kerk vier jaar as Scriba Synodi gedien, en daarna etlike jare as Assessor. In 1938 was hy Moderator. Na die aanvaarding van sy emeritaat het hy nog tien jaar lank as hospitaalbearbeider in Pretoria sy werk vir die Here voortgesit. Hy is op 13 Maart 1958 in die ouderdom van 78 jaar oorlede.