Dick, Carl Ferdinand

 

 

Gebore

27 Okt. 1940

OORLEDE

06 Mei. 2007

UNIVERSITEIT

BA, BTh, D.Th., US

gelegitimeer

1965

ORDEN

1966

STANDPLASe

EMIRITEER

Carl Ferdinand Dick is op 27 Oktober 1940 tussen Orkney en Klerksdorp gebore, waar hy in ‘n eenvoudige huishouding opgroei rnet liefde en alles wat werklik saak maak en nodig is. Onder sy familie en naby vriende staan hy ook as Carlie bekend. Sy grootouers emigreer uit Duitsland na Suid-Afrika en hulle woon in Kimberley. Sy ouers woon op ‘n hoewe Wilkoppi naby Klerksdorp, waar hulle aartappels en uie plant. Daar leer die jong Carlie houtwerk doen – ‘n talent wat hy dwarsdeur sy hele lewe as stokperdjie beoefen. Sy familie is oortuig dat sy dissipline en hardwerkendheid kom van die “Duitse bloed” in sy are. Hy begin sy skoolloopbaan aan die Laerskool President op Klerksdorp en matrikuleer aan die Hoërskool Klerksdorp in die ou Wes-Transvaal.

Dit is gedurende hierdie tyd dat die Carl die roeping ontvang om sendeling te word – iemand wat jare later met sy dood beskou word as ‘n pionier wat op ‘n spesifieke wyse bekragtig en word ‘n rolmodel as sendeling in die Koninkryk. Na skool skryf hy in vir die BA (Admissie) -graad aan die PU vir CHO in Potchefstroom, ‘n toegewyde persoon wat die tyd uitkoop en sy beste lewer. Hiema vertrek hy na die Eikestad waar hy aan die Fakulteit Teologie op Stellenbosch die BA-graad behaal, ook later sy doktorsgraad in Ekklesiologie met kerkreg as hoofstudierigting. Toe begin sy sendingtaak in 1966 in KwaZulu-Natal. Dit het voortgegaan tot die eindfluitjie vir hom blaas en hy die hemelse kroon ontvang het.

Sy broer ds Reinie Dick slcryf uit Stellenbosch: “Hy is bevestig as sendeling in Dundee, waar hy sy hart en siel gegee het vir die Heidendom onder die Zoeloes, evangeliese veldtogte geloots het, skole begin het met godsdiens as onderbou en meer as 40 jaar ‘n infrastruktuur gevestig het sodat die werk steeds kon voortleef as hy nie meer daar is nie. Hy het ongeveer 30 boeke geskryf wat in gemeentes gebmik is, alleen dit is monumentaal. Die Zoeloes het groot respek gehad vir hom gehad. Sy invloed en literatuur sal voortleef in die Zoeloe-kerk tot in ewigheid. Hy emeriteer in 2000 maar het nooit opgehou werk nie. Daama fokUShy op opleiding, toerusting en fasilitering van die sending in die algemeen en in gemeenteverband. Hy het geen grond of geld opgegaar nie, maar uitgedeel aan sy swart kollegas. Dick is van die laaste sendelinge’ en ‘n `reus’ wat van ons weggeneem is, hy het die sendingveld verruil vir die hemel”.

As leraar en sendeling van die VGK-gemeente in Msinga doen hy werk van hoogstaande gehalte in die Koninkryk. Sy lewenstaak was altyd gebind aan dissipline, toewyding en roepingsbewustheid. Msinga is die sending-bedieningsgebied wat die NG Kerk in Wes-Kaapland as verantwoordelikheid aanvaar het. Ds Emile Blommaert, wat hom bykans 22 jaar goed geken het, verwys na hom in ‘n huldeblyk as rolmodel vir ander op die sendingakker: “Carl was geheel en al, fisies, geestelik en finansieel gewy aan die werk van sy Meester. Hy was vir sy kollegas in die sending ‘n identifikasiefiguur. Sy soort dissipline en toewyding in diens van die Here was baie skaars. Hy het vir 40 jaar in een van die moeilikste, mees tradisionele en geestelik harde gebiede in Suid-Afrika, naamlik die Msinga-gebied in Kwazulu-Natal gewerk. Carl was een van daardie sendelinge wat sy hele lewe aan die sending gewy het. Hy het moeite gedoen om die Zoeloe-taal en kultuur aan te leer, kon dit vlot praat en was daarom ‘n staatmaker met Bybelvertaling. Carl se menseverhoudinge met die Zoeloes was ‘n uitstaande suksesverhaal, hy was ‘n vaderfiguur vir baie. Hy het ‘n radikale invloed gehad onder die mense wat gedurig in stamgevegte was en moes dikwels as vredemaker optree. Honderde Zoeloes wat hulle voorvadergeeste aanbid het, kom onder sy bediening tot inkeer en aanvaar Christusas Verlosser.

Dick het ook die pyn van persoonlike verlies tydens die afsterwe van twee lewensmaats (albei sterf aan kanker) en ‘n skoonseun beleef en sy hantering van die pyn het vir ons ‘n bewondering van God se genade in krisistye gegee. Later kry hyself ‘n kwaadaardige breingewas, wat ‘n einde aan sy merkwaardige lewe maak. Die laaste twee weke van sy lewe word hy in ‘n versorgingsoord in Bloemfontein versorg waar hy op Sondag 6 Mei 2007 oorlede is. Hy laat vier dogters agter, Chrisna, Anelize, Riekie en Karien, sy kleinkinders en sy twee seuns, Gert en Danie.

Die begrafnisdiens is deur ds Johan Botha uit die NG Gemeente Onze Rust in Bloemfontein waargeneem, waar die Woord gespreek het en in dankbaarheid teruggedink is aan dr Carl Dick, een van die pioniers op die sendingakker in KwaZulu-Natal. (Jaarboek ).