Klopper, Hendrik Beltsasar

 

GEBORE

OORLEDE

7 Nov. 1934

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1902

ORDEN

1903

standplase

 Pretoria (Hpr.)

1906 Senekal

EMERITEER

1913

Ds. Hendrik Beltsazar Klopper het op tragiese wyse ten gevolge van ‘n motorongeluk naby Standerton op 7 November aan sy lewenseinde gekom. Hy was Transvaler van geboorte, ‘n seun van die gemeente Wakkerstroom, waar hy op 26 Augustus 1876 gebore is. Na voleinding van sy teologiese kursusaan die Teologiese Kweekskool is hy in 1902 gelegitimeer en die volgende jaar as hulpprediker van Pretoria georden. Op 15 Junie 1906 is hy as leraar van die gemeente Senekal bevestig en daar het hy sewe jaar met seën gearbei, want in 1913 moes hy, deur die hand van kastyding gestaan, emeritusword ten gevolge van verswakte gesondheid. Later het hy sover herstel dat hy etlike gemeentes tydelik bedien het, o.m. Wakkerstroom, waar hy getroud was met ‘n dogter van wyle Ds. DP Ackerman, wat daar jarelank predikant was.