Kilian, Ivor Henry Rudolph

 

GEBORE

16 Jan. 1942

OORLEDE

01 Aug. 2008

UNIVERSITEIT

BA (UP), BTh (US), D.Th.

gelegitimeer

1968

ORDEN

1969

standplase

1969 Hendrina NGKSA

1975 Naboomspruit

1985 Witbank-Klipfontein

EMERITEER

11 Feb 2007

Ivor Henry Rudolph Kilian is op 16 Januarie 1942 op Vryheid in Natal gebore. Sy vader was Ivor Horace Francesco Kilian, ‘n ouditeur van beroep, en sy moeder Emelia Francina Nel. Henry het sy skoolopleiding in 1948 aan die Laerskool Vryheid begin, daama was hy ‘n leerling op Kroonstad (1950-1954); Irene (1952) en die Afrikaans Hoër Seunskool Pretoria (1956-1960); waar hy gematrikuleer het.

Henry het geroepe gevoel om predikant te word en het aan die Universiteit van Pretoria die BA-graad verwerf terwyl hy in die staatsdiens in Pretoria gewerk het. Na die verkryging van sy graad het hy aan die Universiteit van Stellenbosch se Fakulteit Teologie gestudeer. ln 1967 het hy die BTh-graad ontvang, en in 1972 die MTh-graad met tema: “Kategese in die NG Kerk van Afrika.” Op 32-jarige leeftyd, in 1976, het hy die DTh-graad verwerf met die proefskrif: “Die kerklied en die swart Afrika-kerke”. Hy kon vlot Afrikaans, Engels en Zoeloe praat en kon homself help in Duits en modeme Grieks.

Aan die begin van Desember 1968 is hy op Stellenbosch as proponent gelegitimeer en het hy hom as sendeling beroepbaar gestel. Op 2 Februarie 1969 is hy met handoplegging in die NGKA Hendrina ontvang en bevestig. Hier het hy die Gloria-kerkgebou, wat tot vandag toe ‘n baken is, help bou. Op 30 November 1975 het hy leraar van die NG Gemeente Naboomspruit geword, waar hy ‘n dekade lank gewerk het. Aan die begin van 1985 het hy na die NG Gemeente Witbank-Klipfontein verskuif, waar hy 22 jaar lank wonderlike werk in die gemeente verrig het. Met sy emeritaat op 11 Februarie 2007 het ds Louis Cloete ‘n groot waarheid gespreek toe hy gesê het: “Ek glo Henry Kilian sal brandstapel toe gaan vir die Woord.”

Dr Henry Kilian  is op 19 Desember 1970 met Maria Louisa van SIanke (later dr Laura) ge- troud. Hulle het twee kinders: Ivor en Ann.

Poppie Rabie-Snyman skryf: “‘n Toegewyde predikant en ‘n lieflike mens, dr Henry Kilian, het op Vrydag 1 Augustus 2008 in die ouderdom van 66 jaar in Akasia-hospitaal, Pretoria, aan ‘n hartaanval beswyk na ‘n galblaasoperasie en ‘n siekbed van 35 dae. Hy is op 6 Augustus 2008 ter ruste gelë langs sy seun Ivor, wat op 2 Augustus 2002 gesterf het.” Meer as 500 mense het die treffende diens bygewoon wat deur dr Wellus Knepe, ‘n oud-kollega van Naboomspruit, gelei is.

Verskeie persone het hulde gebring: “Prof Mariana Kruger (susterskind van dr Laura); namens die familie en vriende. Pastoor Albert Masango, ‘n Zoeloesprekende en toordokter wat onder dr Henry se bediening die Here gevind het, het namens die Hadassa-Bybel- skool op roerende wyse hulde aan die man gebring wat sedert ses jaar gelede baie mense se voete op die hemelpad geplaas het. Mnr Danie Veldsman, ‘n swaer van dr Henry, het die bedankings namens die familie gedoen.

Dr Henry Kilian se lewe word deur die Woord saamgevat: “Maar al is my lewe vir my kosbaar, reken ek dit van geen belang nie, as ek maar net my lewenstaak kan voltooi en die dienswerk wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaar maak. Dit is om die evangelie van God se genade te verkondig” (Hand 20:24).