Jacobs, Jan Pieter

 

gebore

22 Mei 1908

OORLEDE

9 Sep. 1982

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1948

ORDEN

1949

standplase

1949 Walmer

1960 Sekr. N.G.LV.

1961 Die Vleie

1963 Uit bediening

EMERITEER

Ds Jan Pieter Jacobs (22.5.1908-9.9.1982); ‘n NederIander van geboorte, is nadat hy aan die Teologiese Seminarium op Stellenbosch afgestudeer het, in 1948 gelegitimeer. Op 5:3.1949 word hy in Port Elizabeth-Suid (Iater Walmer) bevestig en daar bly hy werksaam totdat hy in Junie 1960 demissie om organiserende sekretaris van die Ned Geref Immigrantevereniging van Suid-Afrika (NGIV) te word. Toe die organisasie egter weens gebrek aan geldelike ondersteuning ophou om te bestaan, gaan hy in Julie 1961 as predikant na Die Vleie tussen George en Knysna. Op 28.4.1963 bedank hy as lid van die Ned Geref Kerk om nog dieselfde jaar deur die Ned Herv Kerk van Afrika georden en as leraar van Residensia bevestig te word. In 1964 gaan hy na Crosby waar hy tot in 1970 staan toe hy ook uit die N H Kerk bedank. Hy is op Kroonstad oorlede.