Havemann, Jacob Coenraad Trichhardt

gebore

27 Jul. 1938

OORLEDE

24 Jan. 2011

UNIVERSITEIT

MA, MTh, D Litt

gelegitimeer

1965

ORDEN

1966

standplase

1966 Albertinia

1969 Ladybrand

1973 Lektor en vanaf 1985 snr Lektor Grieks, UPE

1998 Somerstrand (tentmaker)

EMERITEER

2006

Dr Japie Havemann (BA, MA, BTh, MTh, DLitt) 27 Julie 1938 – 24 Januarie 2011

Jacob Coenraad Trichardt Havemann is op 27 Julie 1938 gebore. Na sy matriekjaar het Japie teologie gaan studeer en die graad BA (Admissie) behaal. Hy het uitgeblink in Grieks op universiteit. In 1962 het hy aan die Teologiese Seminarium op Stellenbosch begin studeer, waar hy aan die einde van 1965 as proponent gelegitimeer is. Hy is met Elize getroud.

Op 19 Maart 1966 is prop Japie Havemann met handoplegging in die NG Gemeente Albertinia ontvang en bevestig. Hier het hy sy bediening begin, voordat hy op 2 Augustus 1969 as leraar in die NG Gemeente Ladybrand in die Oos-Vrystaat bevestig is. In 1973 is ds Japie as dosent in die Departement Grieks aan die Universiteit van Port Elizabeth aangestel, waar hy in 1985 tot senior lektor bevorder is.

Met sy dood op 24 Januarie 2011 en sy begrafnis uit die NG Gemeente Somerstrand in Port Elizabeth is met dankbaarheid na sy lewe verwys: “Aan UPE was dr Japie Havemann die beminde Griekse dosent. Japie het diep spore in die kerklike lewe in Port Elizabeth getrap. Naas sy rol as dosent was hy ook behulpsaam met die pastorale bediening in die gemeentes Port Elizabeth-Oos en later Somerstrand. Hy was wonderlike vriend, geliefd in al die gemeentes wat hy bedien het en hy het ‘n passie gehad vir die bejaarde bediening.” – Dr Gerdrie van der Merwe.