Grobler, Johannes Lodewikus

Ds. Grobler Johannes

gebore

02 Mrt. 1914

OORLEDE

05 Jun. 1998

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1940

ORDEN

1941

standplase

1941 Vrededorp

1945 Benoni

1960 Rondevleihoogte

1963 Sabie

EMERITEER

Ds Johannes Lodewikus Grobler (BA) 02/03/1914 – 05/06/1998

Oom Grobbie’ is op 5 Junie 1998 – ‘n siekbed – op Drie Riviere oorlede in die ouderdom van 84 jaar. Hy was ‘n man wat diep spore getrap het in verskillende gemeentes, maar teen die einde van sy bediening was dit veral die oostelike Laeveld wat hom geken het en liefgehad het.

Johannes Grobler is op 2 Maart 1914 op Middelburg, Transvaal, gebore. Sy hele skoolloopbaan was op Belfast. Daarna is hy na die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch, waar hy sy BA-graad in 1936 en sy Teologiese Diploma in 1940 verwerf het. Hy is in 1940 gelegitimeer. Van 9 Desember 1940 af was hy hulpprediker in die NG Gemeente Jeppestown. Daarna is hy op14 Junie 1941 as leraar van Vrededorp, ‘n arm gemeente in Johannesburg wat later die naam Cottesloe gekry het, georden. Hy het die gemeente tot groter finansiële selfstandigheid gelei. Na vier jaar is hy op 7 Julie 1945 in Benoni bevestig. Twee jaar later is hy na die NG Gemeente Rustenburg-Wes. Hier het hy dertien jaar gebly. Sy arbeid hier was diepgaande en hy het die kerk en die pastorie laat bou. Van hier af is hy op 12 Oktober 1960 na Rondevleihoogte en daarna op 12 Oktober 1963 na Sabie. Hier was daar veral groot groei in die sending en sendingbelangstelling tydens sy bediening. Sy laaste gemeente was Badplaas waar hy op 5 Februarie 1977 bevestig is. Hy het onder andere ‘n jeugtuiste gebou en die gemeente het pragtige geestelike groei beleef.

Oom Grobbie het op die 12de Maart 1980 geëmeriteer en het daarna onderskeidelik op die plaas Rietfontein (Schagen); (1980-1993); Nelspruit (1993-1997) en in Drie Riviere, Vereeniging, gewoon.

Oom Grobbie het op 21 Desember 1940 met Magdalena Comelia Grundling getrou. Uit die huwelik is agt kinders ge¬bore: Magdalena, Johanna, Getruida, Johanna, Comelius, Johannes en Jacoba (‘n tweeling) en Gabriël. Met die heengaan van hierdie `pater familias’ was daar reeds 24 kleinkinders en 6 agterkleinkinders.

In die kerk het hy ‘n besondere plek ingeneem. Hy was ‘n minsame en innemende man wat opreg belanggestel het in sy mede-broers predikante. Hy het innig met hulle meegeleef. Hy was ook voorsitter van verskeie ringsvergaderings waar hy met wysheid leiding gegee het. Hy was ‘n geëerde lid van die Sinodale Jeugkommissie van Oos-Transvaal en die Sinodale Sendingkommissie. Die fokuspunte van sy bediening was prediking, huisbesoek, siekebesoek en veral die jeug. – Dirk Viljoen, aan die hand van ds Grobler se biografiese vorm wat hy op 27 Januarie 1997 ingevul het.