Greyling, Jan Hendrik

 

gebore

25 Des. 1909

OORLEDE

17 Jul. 1984

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1953

ORDEN

1954

standplase

1954 Swaziland-Suid

1959 Lydenburg

EMERITEER

Ds Jan Hendrik Greyling (25.12.1909- 17.7.1984); wat uit Ermelo afkomstig was, is na ‘n lang tyd van siekte op Lydenburg oorlede waar hy sedert 31.1.1976 as emeritus-leraar van die NGKA-gemeente gebly woon het en tot die einde kerklik aktief was. Hy verlaat die skool op Ermelo in st 8 om te gaan boer, maar na tien jaar keer hy na die skoolbanke terug omdat hy van sy roeping tot die evangeliebediening Oortuig is. Nadat hy in 1938 gematrikuleer het, volg hy die admissiekursusaan die Universiteit Pretoria, maar na ses maande moet hy weens ‘n ongeluk wat sy vader oorgekom het, weer teruggaan plaas toe. Na etlike jare in die leër, waarvan drie jaar aktiewe diens op Madagaskar en in Noord-Afrika, hervat hy in 1949 sy voorstudie buitemuurs in Pretoria. Daarna gaan hy na Wellington waar hy in 1953 sy teologiese opleiding aan die Sendinginstituut voltooi. Op 6 Maart die volgende jaar word hy as sendingleraar van Swaziland met standplaas Goedgegun bevestig. Weens die groei van die werk word die arbeidsveld verdeel en toe word hy leraar van die gemeente Swaziland-Suid met standplaas Pongola. Daarvandaan vertrek hy sowat vyf jaar later – in 1959 – na Lydenburg. Hulle wat hom geken het, loof die Here vir sy liefde, sy toewyding en sy deursettingsvermoë, maar veral ook vir sy lewensblyheid.