NG Gemeente Danielskuil

NG Gemeente Danielskuil

gestig

1913

AFGESTIG VAN

Griekwastad

RING

Griekwastad

ADRES

Kliniekstraat

Danielskuil

SLUIT IN

Danielskuil, Klein Boetsap en Griekwastad

EERSTE PREDIKANT

Ds MB Brink

 

Beginjare

Daniëlskuil was in die beginjare ’n “buitekerk plaats” van Griekwastad. “Zij is gelegenin’tdistrikt van Barkly-Wes, grensende aan de Bechuanaland lijn, aan die pas gestichte gemeente Kuruman”. In daardie jare was die dorpie presies 100 myl van die naaste spoorwegstasie, nl. Kimberley.

Op 28 November 1913 is die gemeente met ’n lidmaattal van 500 gestig. Die gemeente het bestaan uit dele van dié uitgestrekte gemeentes van Klein Boetsap en Griekwastad. Ds. JJ Wessels van Griekwastad was die eerste konsulent.

Op 22 Desember 1913 is die eerste beroep uitgebring, maar die gemeente moes tot Junie 1915 wag om haar eerste leraar te bevestig. “Gedurende die tijd werd en ettelike beroepen uitgebracht, doch mensch een òf voor de naam òf voor de ligging bevreesd te zijn en moest zij door de wakkere konsulent bearbeid worden”.

Op 10 April 1915 is eerw. prop. MB Brink beroep. Hy het pas teruggekeer vanaf Europa en op 19 Junie 1915 word hy as eerste leraar van die gemeente bevestig.
Reeds in 1894 het gemeentelede ’n stewige klipkerk opgerig, maar tydens nagmaalsgeleenthede was dit te klein.

Die gemeente het in daardié jare hoofsaaklik uit boere bestaan wat as lede van die kerk uit Transvaal, Oranje-Vrystaat en ander dele van die Kolonie hierheen getrek het.

Spoedig was daar ’n lidmaattal van 600 wat op die dorp, maar ook op “twee buitenkerkplaatzen”, nl. Blikfontein en Koopmansfontein, bedien is. “Er bestaat hartelike samenwerking in de gemeente en mag men, met de zegen des Heren op haar rustende, ’n heerlike en gezegende toekomst voorspellen”.

Predikante:

M B Brink 1915 –

  

Bron

Ons Kerk Album, bladsy 141